Plettenbergbaai

Met 'n skitterende oseaan aan die een kant en skadu-blou berge aan die ander kant word Plettenbergbaai dikwels beskryf as die "juweel van die Tuinroete" en die beste bestemming vir pret in die son in hierdie streek.

Plettenbergbaai, aan die suidoostelike kus van die Wes-Kaap, is net 'n uur se ry van die George-Lughawe, 240 km van Port Elizabeth en 500 km van Kaapstad. Die dorp bied 'n gerieflike basis met verskeie attraksies en aktiwiteite.

Die pragtige baai waar die Bitou-, Keurbooms- en Piesangrivier in die Indiese Oseaan uitmond, het 'n gematigde klimaat met gemiddelde dagtemperature van 17°C in die winter en 27°C in die somer, en gemiddeld 300 sonskyndae in die somer. Die gemiddelde reënval is 945 mm per jaar, waarvan die meeste in die winter val.

    Nuttige telefoonnommers:
  • Keurboomsrivier-Natuurreservaat: +27 (0)44 533 2125/85
  • Bitou (Plettenbergbaai)-Toerisme: +27 (0)44 533 4065
  • Bitou-Munisipaliteit: +27 (0)44 501 3000 en +27 (0)44 533 1692 (ná werk-ure)
  • Ambulans: 10177
  • Brandweer: +27 (0)44 533 5000
  • Nasionale Seereddingsinstituut +27 (0)44 533 2744 of +27 (0)82 990 5975 (ná werk-ure)
Tuisblad
Akkommodasie
Bespreek aanlyn
Plettenbergbaai
Dinge om te doen
Foto's
Kontakbesonderhede
Kaart & Aanwysings
Navrae-blad







Site designed by
S2 Web Solutions