Alkantmooi Akkommodasie
Die woonstel sluit in:
- Twee slaapkamers - een met 'n koningsgrootte dubbelbed en die ander met 'n keuse tussen nog 'n koningsgrootte dubbelbed of twee enkelbeddens.
- 'n Badkamer met 'n stort en 'n bad.
- 'n Volledig toegeruste moderne kombuis wat ses mense kan bedien.
- 'n Oopplan-leefarea met plasma kleur-TV, DSTV en 'n DVD-speler.
- 'n Ruim, onderdak-houtdek met tafels, stoele, 'n gasbraaier, potspeltafel en lieflike uitsig.
- Veilige onderdak-parkeerplek met private ingang.
- Landingsplek vir 'n helikopter.
- Rook-vrye woonstel.
- Skoonmaakdiens beskikbaar behalwe op Sondae en Christelike vakansiedae.
Gaan na ons Navrae-blad vir inligting oor tariewe, beskikbaarheid en meer.
|
|  |